2009/10/18

Somer deur C. M. Van Den Heever

Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot 'n spannende klimaks gedryf.

Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en 'n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het.

Faan se seun, Hannes, het 'n ogie op Tom se pragtige sewentienjariger dogter, Linda. Maar toe kom die swerwer-koringsnyer, Wynand, op die plaas aan en Tom huur hom summier om met die koring-oes te help. Linda raak verlief op hierdie stil, hardwerkende swerwer met die onbekende verlede en dit dryf Hannes tot raserny.

Intussen probeer Tom sy broer, Frans, uit 'n finansiƫle verknorsing help, terwyl Faan sy oog op Frans se grond het, indien Frans nie sy skuld kan delg nie...

Jy kan meer oor hierdie boek te siene kry by die CruGuru webwerf. Dit is beskikbaar in sagteband-formaat by Lulu.com en in PDF E-boek-formaat by Lulu.com. ISBN: 978-1-920265-85-4; 978-1-920265-87-8.