
Pieter Plaasmuis beland per ongeluk in ‘n deftige huis in die stad waar hy gou vriende maak met Stefan Stadsmuis. Daar is elegante en formele etes, allerhande smullekker kosse om van te droom, gerieflike slaapplek… maar daar is ook ‘n kat wat muise jaag, ‘n kok wat nie van muise hou nie, ‘n vreeslike gerumoer die hele dag lank...
Sal Pieter Plaasmuis in die stad kan aanpas, of sal hy teruggaan plaas toe?
Jy kan meer oor hierdie boek te siene kry by die
CruGuru webwerf. Dit is beskikbaar in
sagteband-formaat by Lulu.com en in
PDF E-boek-formaat by Lulu.com. ISBN: 978-1-920414-06-1; 978-1-920414-08-5.